Smaak my my webblaaier is uniek

Ek lees gister van Panopticlick wat probeer bepaal hoe maklik webgebruikers nagespeur kan word sonder webkoekies. Dit versamel inligting wat deur die blaaier gestuur word in die HTTP-protokol, en dinge wat d.m.v. JavaScript, Flash en Java bekombaar is. Dit blyk toe dat my webblaaier uniek is in die poel van blaaiers wat Panopticlick besoek het.

Pootle bemagtig vertaalspanne

Met die onlangse vrystelling van Pootle 2.0 wil ek so bietjie skryf oor sommige van die oulike eienskappe wat Pootle bied. Pootle bemagtig vertaalspanne om hulle werk makliker gedoen te kry, en boonop nog kwaliteit te verbeter. Waar verskillende vaardigheidsvlakke dalk ter sprake is (soos bv. met crowd-sourcing) is hierdie funksies onontbeerlik.

Pootle 2.0.0 released

Yesterday the Translate team released version 2.0.0 of Pootle. Pootle is web based system for translation and translation management. It is widely used for crowd-sourcing, especially in the world of Free Software.

This is a major new release after a long period of development. It has many new features, and Pootle is now built on a completely new web platform (Django).

Virtaal 0.5.0 released

Yesterday the Translate team released version 0.5.0 of Virtaal. Virtaal is a translation program with powerful features to help translators increase translation quality and have fun. It is available for download from SourceForge and soon your favourite Linux distro.

Onderhoud vir SourceForge se gemeenskapsjoernaal

Daar is onlangs 'n onderhoud met my gevoer oor die Translate Toolkit. Dit is gepubliseer op SourceForge se gemeenskapsjoernaal. Afgesien van die nuttige programme wat deel is van die Translate Toolkit, is dit natuurlik ook 'n fantastiese platform / API vir die skep van nuwe programme wat met vertaling te doen het. Dus is ek heel in my noppies oor die blootstelling. Lees die artikel hier.

'n Blik op die nuwe Pootle

Die Translate-projek werk die afgelope jaar hard aan die komende vrystelling van Pootle, en dinge lyk voor die wind vir die komende vrystelling. Ons het onlangs beta-4 vrygestel, en dinge staan nou al naby aan vrystellingskwaliteit. Geluk aan Alaa en Wynand wat meeste van die werk gedoen het. Ons het ook bydraes gehad van verskeie ander maantskappye en individue.

Wikipedia nou meer artikels in Swahili as Afrikaans

Ek het onlangs opgelet dat Wikipedia in Swahili meer artikels het as Wikipedia in Afrikaans. Dit verskil is reeds aan die orde van 9%. Ek glo en hoop meeste mense weet dat die artikeltelling by Wikipedia nie alles sê oor die betrokke ensiklopedie nie, maar dit bly steeds 'n interessante speelding, en dit is interessant om te sien hoe dinge ontwikkel onder die Afrikatale.

Pseudolokalisering met podebug (3): Onderhoud met Rail Aliev

Hierdie is deel van my reeks oor podebug. Laas het ons gekyk na hoe om stringe uit verskillende oorde te identifiseer. Hierdie keer het ek besluit om 'n onderhoud te voer met Rail Aliev wat 'n groot gebruiker en bydraer aan podebug is. Ek het veral belanggestel in sy gebruik van die hutsfunksionaliteit in podebug, maar hopelik leer ken ons ook hierdie groot bydraer tot die wêreld van Vry en Oopbronsagteware beter ken.

Waar is die modulariteit?

Ek het gister gesien dat daar opdaterings is vir my rekenaar. Toe ek na die detail kyk, word die saak as volg opgesom:

Belangrikhied: bugfix
Rede om op te dateer:krandrtray from KDE4 is known to have some issues.
A patch was added that makes krandrtray open its configuration module when the system tray icon is clicked.

Alles goed en wel. Ek gebruik nie eintlik meer KDE nie, maar loer so nou en dan. Die "interessante" deel is dat ek 28 pakkette moet opgradeer. Opsomming:

16KB of additional disk space will be used.
50MB of packages will be retrieved.

Ondersteuning vir Afrikaans by Google Translate

Google brei voortdurend hulle sagteware vir outomatiese masjienvertaling uit. 'n Nuwe stel tale wat onlangs bygevoeg is, sluit Afrikaans en Swahili in. Dit is die eerste twee tale uit Afrika wat by hulle lysie gevoeg word. Dit is interessant om allerhande redes, en ek wonder nou hoe dit die landskap vir hierdie twee tale kan verander.
Google Translate nou ook in Afrikaans

Syndicate content