Ek moes onlangs 'n effens moeiliker stuk vertaalwerk doen vir Pidgin. Deel daarvan was 'n uitbreiding vir die XMPP-protokol om emosies te standaardiseer. Met dié uitbreiding kan verskillende geselsprogramme inligting uitruil oor die gebruiker se gemoedstoestand op 'n standaardmanier. Maar die teks wat vir die gebruiker gewys word, moet natuurlik vertaal word, en dit is toe glad nie so maklik nie.
My kollega Dwayne het pas 'n interessante stuk geskryf oor die gebruik van deurlopende integrasie vir die toets van ons produkvertalings. Nou wil ek begin dink aan hoe ons dit kan uitbrei met pofilter.
Ek het nou hier en daar gesien dat mense skryf oor OSX 10.6 (Snow Leopard) wat nou (addisioneel) van Hunspell gebruik maak vir die stelselwye speltoetser. As dit die waarheid is, steek Apple dit baie goed weg — 'n soektog vir "Hunspell" op hulle webwerf lewer skaars iets op. Dit is wel interessant dat OSX van Hunspell gebruik maak, en dat OSX voor GNOME 'n stelselwye speltoetser het wat gebaseer is op Hunspell.
Ek lees gister van Panopticlick wat probeer bepaal hoe maklik webgebruikers nagespeur kan word sonder webkoekies. Dit versamel inligting wat deur die blaaier gestuur word in die HTTP-protokol, en dinge wat d.m.v. JavaScript, Flash en Java bekombaar is. Dit blyk toe dat my webblaaier uniek is in die poel van blaaiers wat Panopticlick besoek het.
Met die onlangse vrystelling van Pootle 2.0 wil ek so bietjie skryf oor sommige van die oulike eienskappe wat Pootle bied. Pootle bemagtig vertaalspanne om hulle werk makliker gedoen te kry, en boonop nog kwaliteit te verbeter. Waar verskillende vaardigheidsvlakke dalk ter sprake is (soos bv. met crowd-sourcing) is hierdie funksies onontbeerlik.
Yesterday the Translate team released version 2.0.0 of Pootle. Pootle is web based system for translation and translation management. It is widely used for crowd-sourcing, especially in the world of Free Software.
This is a major new release after a long period of development. It has many new features, and Pootle is now built on a completely new web platform (Django).
Daar is onlangs 'n onderhoud met my gevoer oor die Translate Toolkit. Dit is gepubliseer op SourceForge se gemeenskapsjoernaal. Afgesien van die nuttige programme wat deel is van die Translate Toolkit, is dit natuurlik ook 'n fantastiese platform / API vir die skep van nuwe programme wat met vertaling te doen het. Dus is ek heel in my noppies oor die blootstelling. Lees die artikel hier.
Hierdie is deel van my reeks oor podebug. Laas het ons gekyk na hoe om stringe uit verskillende oorde te identifiseer. Hierdie keer het ek besluit om 'n onderhoud te voer met Rail Aliev wat 'n groot gebruiker en bydraer aan podebug is. Ek het veral belanggestel in sy gebruik van die hutsfunksionaliteit in podebug, maar hopelik leer ken ons ook hierdie groot bydraer tot die wêreld van Vry en Oopbronsagteware beter ken.
Google brei voortdurend hulle sagteware vir outomatiese masjienvertaling uit. 'n Nuwe stel tale wat onlangs bygevoeg is, sluit Afrikaans en Swahili in. Dit is die eerste twee tale uit Afrika wat by hulle lysie gevoeg word. Dit is interessant om allerhande redes, en ek wonder nou hoe dit die landskap vir hierdie twee tale kan verander.

Ek het 'n rukkie terug begin met 'n reeks oor pseudolokalisering met podebug. Ek het gewys hoe mens die vertaalbaarheid van 'n program kan toets met die xxx-reël, en die uiteindelike prentjie het toe gewys hoe dit lyk as daar 'n string uit 'n ander lêer betrokke is. Kom ons kyk nou na 'n manier hoe vertalings uit verskillende lêers makliker uitgeken kan word.