ANLoc, Pootle en Virtaal in Limerick

As deel van my besoek aan die Centre for Next Generation Localisation het ek vandag met 'n groep gepraat oor ANLoc en oor die sagteware vir lokalisering wat ons ontwikkel by Translate.org.za. Ek't lanklaas 'n groep mense gehad wat vir meer as twee ure so aandagtig na my geluister het.

Dit was heerlik om in detail oor ANLoc en elke subprojek te kon praat. Naoto Nishio het veral belanggestel in beleidsake. Hy noem interessant genoeg dat Japan geen taalbeleid het nie. Dit was ook lekker om Asanka Wasala van Sri Lanka daar te hê wat deel was van die Pan Localisation-groep — ANLoc se sustergroep in Asië.

Daarna kon ek in detail praat oor Pootle en Virtaal. Dit was lekker om te begin met die wete dat meeste mense in die kamer reeds van Pootle en Virtaal geweet het, en dat sommige van hulle reeds dit gebruik in van die kursusse wat hulle aanbied. Ek het vooraf en agterna met 'n paar mense gepraat oor vertroue, rang en die meet van kwaliteit as vertaling-met-'n-skare ingespan word. Dimitra Anastasiou het uitgevra oor hoe om 'n nuwe enjin vir masjienvertaling in Virtaal te inkorporeer.

Dit was lekker om ANLoc en Vry en Oopbronsagteware hier te kan verteenwoordig.

Comments

Post new comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd>
  • Lines and paragraphs break automatically.

More information about formatting options