Wikipedia nou meer artikels in Swahili as Afrikaans

Ek het onlangs opgelet dat Wikipedia in Swahili meer artikels het as Wikipedia in Afrikaans. Dit verskil is reeds aan die orde van 9%. Ek glo en hoop meeste mense weet dat die artikeltelling by Wikipedia nie alles sê oor die betrokke ensiklopedie nie, maar dit bly steeds 'n interessante speelding, en dit is interessant om te sien hoe dinge ontwikkel onder die Afrikatale.

Ek hou al die Wikipedia-projek dop vir 'n geruime tyd. Dit bly 'n wonderlike demonstrasie van die krag in 'n sterk gemeenskap. Dit is natuurlik ook 'n manier vir heelwat minderheidstale om 'n nuttige webhulpbron te skep, en vir baie tale dalk hulle eerste ensiklopedie. Die Afrikaanse weergawe van Wikipedia was vir geruime tyd die grootste weergawe in terme van artikeltelling, maar nou is Swahili voor. Dit moes in die afgelope paar maande gebeur het. Geluk aan al die medewerkers aan die Swahili-weergawe!

Tabelle met interessante opsommings oor die statistiek is beskikbaar vir Afrikaans en Swahili. Dit is natuurlik belangrik om op te let dat die twee tale heelwat verskil in ander aspekte van groei en grootte. Nog 'n interessante bladsy vir die doel van vergelyking is die lys van alle Wikipedias. Meer detail oor artikelgroottes is ook beskikbaar vir Afrikaans en Swahili. As ek hierna kyk, sou ek graag wou glo dat die Afrikaanse Wikipedia steeds 'n voorsprong het in enkele areas, veral wat betref die artikelgroottes en blote hoeveelheid teks. Dit lyk wel asof die Afrikaanse weergawe se groeitempo nie juis toeneem nie.

Hierdie is gelukkig nie 'n kompetisie met verloorders nie, en ek is baie bly vir goeie vordering in enige Afrikataal.

Comments

Post new comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd>
  • Lines and paragraphs break automatically.

More information about formatting options