As deel van my besoek aan die Centre for Next Generation Localisation het ek vandag met 'n groep gepraat oor ANLoc en oor die sagteware vir lokalisering wat ons ontwikkel by Translate.org.za. Ek't lanklaas 'n groep mense gehad wat vir meer as twee ure so aandagtig na my geluister het.
Ek besoek tans die Centre for Next Generation Localisation om te werk aan 'n lokaliseringsgids vir Amharies. Dit is deel van die subprojek vir opleiding in die Afrikanetwerk vir Lokalisering. Hopelik kan ons binnekort ons resultate op die ANLoc-webwerf hê.
Ek het nou hier en daar gesien dat mense skryf oor OSX 10.6 (Snow Leopard) wat nou (addisioneel) van Hunspell gebruik maak vir die stelselwye speltoetser. As dit die waarheid is, steek Apple dit baie goed weg — 'n soektog vir "Hunspell" op hulle webwerf lewer skaars iets op. Dit is wel interessant dat OSX van Hunspell gebruik maak, en dat OSX voor GNOME 'n stelselwye speltoetser het wat gebaseer is op Hunspell.
Ek lees gister van Panopticlick wat probeer bepaal hoe maklik webgebruikers nagespeur kan word sonder webkoekies. Dit versamel inligting wat deur die blaaier gestuur word in die HTTP-protokol, en dinge wat d.m.v. JavaScript, Flash en Java bekombaar is. Dit blyk toe dat my webblaaier uniek is in die poel van blaaiers wat Panopticlick besoek het.
Met die onlangse vrystelling van Pootle 2.0 wil ek so bietjie skryf oor sommige van die oulike eienskappe wat Pootle bied. Pootle bemagtig vertaalspanne om hulle werk makliker gedoen te kry, en boonop nog kwaliteit te verbeter. Waar verskillende vaardigheidsvlakke dalk ter sprake is (soos bv. met crowd-sourcing) is hierdie funksies onontbeerlik.
Yesterday the Translate team released version 2.0.0 of Pootle. Pootle is web based system for translation and translation management. It is widely used for crowd-sourcing, especially in the world of Free Software.
This is a major new release after a long period of development. It has many new features, and Pootle is now built on a completely new web platform (Django).
Yesterday the Translate team released version 0.5.0 of Virtaal. Virtaal is a translation program with powerful features to help translators increase translation quality and have fun. It is available for download from SourceForge and soon your favourite Linux distro.
Daar is onlangs 'n onderhoud met my gevoer oor die Translate Toolkit. Dit is gepubliseer op SourceForge se gemeenskapsjoernaal. Afgesien van die nuttige programme wat deel is van die Translate Toolkit, is dit natuurlik ook 'n fantastiese platform / API vir die skep van nuwe programme wat met vertaling te doen het. Dus is ek heel in my noppies oor die blootstelling. Lees die artikel hier.
Die Translate-projek werk die afgelope jaar hard aan die komende vrystelling van Pootle, en dinge lyk voor die wind vir die komende vrystelling. Ons het onlangs beta-4 vrygestel, en dinge staan nou al naby aan vrystellingskwaliteit. Geluk aan Alaa en Wynand wat meeste van die werk gedoen het. Ons het ook bydraes gehad van verskeie ander maantskappye en individue.
Ek het onlangs opgelet dat Wikipedia in Swahili meer artikels het as Wikipedia in Afrikaans. Dit verskil is reeds aan die orde van 9%. Ek glo en hoop meeste mense weet dat die artikeltelling by Wikipedia nie alles sê oor die betrokke ensiklopedie nie, maar dit bly steeds 'n interessante speelding, en dit is interessant om te sien hoe dinge ontwikkel onder die Afrikatale.