Ons ontwikkel tans saam met Itaapy sagteware om dokumentvertaling te vergemaklik. As 'n begin fokus ons op die vertaling van OpenOffice.org dokumente.
Itaapy se itools biblioteek bevat (onder andere) funksionaliteit om arbitrêre XML-dokumente te vertaal. Translate.org.za se Translate Toolkit is a ryk biblioteek vir die prosessering van vertaalformate. Met befondsing van die NLNet stigting gaan ons hierdie funksionaliteit saamgesmelt.
Dus sal u 'n OpenOffice.org-dokument kan omskakel na 'n PO- of XLIFF-lêer en u gunsteling vertaalgereedskap kan gebruik om die vertaling te doen. Na vertaling kan u dan 'n nuwe vertaalde OpenOffice.org-dokument skep deur die oorspronklike dokument en die vertalingslêer deur die vertaler te stoor.