|
Ja! As deel van opwindende projekte wat vir ons voorlê, adverteer ons nou vir programmeerders om by ons span aan te sluit om ons vertaalprogramme en taalverwante tegnologie uit te brei. Ons is op soek na gekwalifiseerde programmeerders met belangstelling in taalverwante tegnologie, verkieslik met ondervinding in Python (alhoewel ondervinding in enige objekgeoriënteerde taal goed sal wees). Hierdie is 'n voltydse pos gebaseer in Pretoria. Ondervinding met Vry- en Oopbronsagteware, weergawebeheerstelsels, taal / vertaling kan 'n kandidaat laat uitstyg bo ander aansoekers. Geïnteresseerdes kan die volgende stuur per e-pos aan
Hierdie e-posadres word beskerm van strooiposbotte, en jy kort dus Javascript om dit te bekyk
of per faks na (012) 460-1095:
- U CV
- Afskrifte van u akademiese uitslae
- Detail van programmeringsprojekte waarin u betrokke was en u rol in hierdie projekte. Verskaf verkieslik kode wat u geskryf het of verwysings daarna.
- 'n Paragraaf oor hoekom u dink dat sagtewarelokalisering belangrik is.
Lees meer in ons nuusbrief vir Maart 2008: Ons het sover groot sukses gehad met ons Dictory-inisiatief, en na harde werk is Thunderbird amptelik vrygestel in Afrikaans. Lees oor al hierdie dinge hier onder. Ons eindig met 'n opsomming van ons internasionale aktiwiteite en die impak wat ons regoor die wêreld het.
|
|
Lees meer...
|