|
Hier is die kitsskakels vir ons bydraers |
|
|
Ons maak speltoetsers vir OpenOffice.org en vir die Mozilla-produkte, Firefox en Thunderbird. 'n Speltoetser is maar net so goed soos die onderliggende woordelys en taalspesifieke reëls. Elke ontbrekende woord wat u vind, kan help om die speltoetser beter te maak vir almal. |
|
Lees meer...
|
|
|
Vrye Sagteware kan, behoort en moet met ander gedeel word! Help u familie en vriende om ons sagteware te installeer. Sit daardie ekstra bietjie tyd in om te verseker dat alles na verwagting werk en gee 'n bietjie leiding. As mens dit reg doen het mens ' n lewenslange oopbronaanhanger.
|
|
Lees meer...
|
|
|
Praat u een van die amptelike tale as moedertaal? Is u 'n taalstudent of 'n professionele vertaler? Dan kan u ons help met vertaling, nagaanwerk, en die toets van vertalings in konteks terwyl u die program gebruik. |
|
Lees meer...
|
|
|
Kan u programmeer? Ons kan van u hulp gebruik maak. Dink daaraan as 'n geleentheid om te help as u nie goed is met vertaalwerk nie, of as 'n geleentheid om regte werk op die mikstok te kry. As u 'n student is, kan u dalk 'n projek verwant aan Translate.org.za voorstel vir u programmeringskursus. |
|
Lees meer...
|
|
|
Of course everyone knows that there are no bugs in the software that we release. Yeah right! Testing really requires lots of eyes and a concerted effort to try to break things. If you like living on the bleeding edge or simply will take the time to test things diligently, then we need you. |
|
Lees meer...
|
|
|
Meeste van ons werk word in produkte omskep. Hierdie verg 'n bemarkingsaanleg, 'n oog vir ontwerp en die vermoë om drake se tande te trek (programmeerders is mos maar anders). |
|
Lees meer...
|
|
|
Translate.org.za het 'n aantal bedieners om ons vertalers te help, om ons sagteware te bou en om 'n paar dienste aan ander vertaalspanne te lewer. As u kan help om hierdie tiptop te hou en om na gebruikers se behoeftes om te sien, sal dit ons baie help. Des te beter as iemand selfs met hierdie hulpbronne kan help! |
|
Lees meer...
|
|
|