Tuis arrow Suid-Afrikaanse sleutelbord
Mozilla Firefox

Download Now Laai Firefox af

Image here:
Firefox is 'n gratis, alternatiewe webblaaier wat vinniger en veiliger is as Microsoft Internet Explorer en wat makliker is om te gebruik. Onlangse sekuriteitsprobleme maak Internet Explorer onveilig om te gebruik.

Verminder die risiko van virusse, rekenaarwurms, spioenasieprogramme en ander kwaadwillige sagteware deur oor te skakel na die veiligste en mees aanpasbare blaaier in die węreld!

Geniet eienskappe soos blaaioortjies, opspringvensterblokkering, ingeboude soek en 'n nuusvoerleser (RSS) om tred te hou met die nuushooftrekke.

Thunderbird is die perfekte metgesel vir Firefox, met een van die mees gevorderde gemorsposfilters wat beskikbaar is.

Beide Firefox en Thunderbird kan maklik aangepas word vir u werkswyse met die web en met e-pos.

 
< Vorige   Volgende >