|
Vertel ons hoeveel mense vra oor die betekenis van die leë praatwolkie. Die praatwolkie op die voorkant maak 'n onbeskaamde stelling oor die nood aan sagteware in u taal. Ons vertel graag dat dit twee betekenisse het: - As mens nie Engels kan praat nie, is rekenaars oor 'n mens se kop - dus die leë praatwolkie
- Maar, mens kan die leë praatwolkie vul en rekenaars mens se eie taal laat praat
By Translate.org.za glo ons in kwaliteit. Dus het ons die hoogste kwaliteit katoen-T-hemde gekies wat ons kon kry. Die hemde is slegs beskikbaar in "Jet Black". Dit mag dalk bots met die ander kleure in u klerekas, maar dink maar daaraan as 'n ontdekking van u identiteit as tegnologiebewuste. Ons is al vertel dat die hemde goed werk saam met 'n pakbaadjie in plaas van die gewone denims, maar ons moet erken dat ons nog nie daardie kombinasie probeer het nie. |