Tuis arrow Produkte arrow Geborduurde Translate.org.za-T-hemp
Geborduurde Translate.org.za-T-hemp

Image here:
U wil eerder iets diskreet hê as die SKREEUENDE praatwolkie.  Veral  by die werk waar mense dalk sal vra wat die leë praatwolkie beteken.

Die diskrete Translate.org.za-praatwolkie is op die linkerborssak, na aan die hart. Nou hoef mens dus nie mens se ondersteuning uit te skree nie, maar kan dit sê op 'n ek-kan-hierdie-werk-toe-dra tipe van 'n manier.

Die hemp se agterkant is leeg sodat niemand mens dalk van agter af kan bekruip en vra wat jy dra nie.  Dit is natuurlik slegs beskikbaar in swart - die nuwe swart vir hierdie seisoen.

 
< Vorige