| Translate.org.za op RSG |
|
Op 20 Julie 2006 het ons 'n onderhoud gehad op Radio Sonder Grense se spitstydprogram, Tjailatyd. In dié kort onderhoud praat ons oor ons werk, veral die Suid-Afrikaanse sleutelbord en die programme wat vertaal is. Ons is nog besig om die finale CD's voor te berei. Ons het gewerk aan drie pakkette: die OpenOffice.org-kantoorsuite, die Firefox-webblaaier, en die Thunderbird-e-posprogram. Hierdie programme is reeds gerespekteerde programme wat wêreldwyd gebruik word. Die lisensiëring van hierdie programme laat enigiemand toe om dit aan te pas en aan ander te versprei – dit is hoe ons werk moontlik gemaak is. Natuurlik moet ons wel ons onkostes vir onder andere die vervaardiging, verpakking en pos van die CD's dek. Daar is 'n spesiale aanbod vir luisteraars om OpenOffice.org en die Suid-Afrikaanse sleutelbord vooruit te bestel teen R299. Belangstellendes kan hulle kontakbesonderhede stuur om in aanmerking te kom hiervoor.
Onthou asseblief om u kontakbesonderhede te verskaf sodat ons met u in verbinding kan tree. |
| Next > |
|---|


