|
Wat is moedertaalonderrig? |
Ek het al gehoor mense praat oor moedertaalonderrig. Ek kan uitwerk wat dit beteken, maar sal dit werk?
Moedertaalonderrig is die idee dat 'n leerling die fundamentele konsepte van 'n onderwerp in hulle moedertaal geleer word. Sodra hulle hierdie konsepte verstaan, kan hulle dit makliker toepas op in opleiding in 'n ander taal. Die idee is dat kinders konsepte makliker absorbeer in 'n taal wat aan hulle bekend is en kan 'n fundamentele begrip daarvan kry, maar in 'n tweede taal word dit dooie woorde wat geleer word maar nie geabsorbeer word nie. 'n Vergelyking van studente in 'n vak soos wiskunde of wetenskap sal wys dat dié wat die grondbeginsels in hulle moedertaal geleer het, 'n beter fundamentele begrip van die vak sal hê vergeleke met dié wat dit in 'n tweede taal geleer het, al moes hulle van taal verander gedurende die proses. |