| Is Afrikaans 'n Afrikataal? |
|
Miskien hang dit af oor die stelling wat mens probeer maak en hoe ver terug mens bereid is om te gaan om die streep te trek.
Afrikaans is 'n Wes-Germaanse taal wat val onder die hoëvlakgroep van die Indo-Europese tale. Hierdie het ontstaan vanuit die Indusvallei in Indië en vanuit Europa. Wes-Germaanse tale sluit Engels, en Afrikaanse se nader verwante tale, Nederlands en Flaams in. Met inagneming dat hierdie tale wat die naaste aan Afrikaans is, Europees is, is dit nie 'n Afrikataal nie. Maar is dit dan 'n Indiese taal omdat dit 'n verwantskap het met die Indusvallei? Afrikaans is 'n baie nuwe taal. Dit is geskep weens die samekoms van kulture in die Kaap. Die vroegste geskrewe Afrikaans is in Arabiese skrif en is 'n Islamitiese teks. Dis heel waarskynlik geskryf deur 'n Imam van Maleisië. Is Afrikaans nou van Europa, Afrika, of Maleisië? In die jongste sensus is Afrikaans derde volgens die aantal moedertaalsprekers - meer as ses miljoen. Meer as die helfte is swart. Afrikaans is ook gereeld 'n lingua franca vir baie mense. As die meerderheid sprekers van 'n taal swart is, maak dit dit dan 'n Afrikataal? As 'n plakkaat by Johannesburg Internasionale Lughawe sê: "9 inheemse tale en geen woord vir vreemdeling nie", maak die uitsluiting van Afrikaans dat dit nie 'n Afrikataal is nie? Meer as 98% van Afrikaanssprekendes woon in Suid-Afrika, ander in Namibië, die ander werk seker in Londen. Maak dit daarvan 'n Europese taal? Ons by Translate.org.za glo in die bemagtiging van Suid-Afrikaanse tale. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|


