|
Ek is 'n professionele vertaler. Sal julle my in diens neem? |
|
Ons bied 'n ongelooflike geleentheid om vaardighede te slyp. Geen veeleisende kliënte nie, buigbare leweringskedules, en tolleransie vir foute. Hierdie is waarskynlik die beste omgewing om te leer en te oefen. Maar dit beteken nie ons kan u noodwendig betaal nie.
Ons glo regtig dat die vertaling van Vrye Sagteware iets is wat elke professionele vertaler moet doen. Dit kan veskyn op hulle CV's en die eerstes wees wat Microsoft nader. Die probleem met die lokalisering in tale van Afrika is dat daar baie min geleentheid is om te leer. Translate.org.za bied u hierdie leergeleentheid. As u u industrie wil sien groei, moet u die aanvraag skep. Deur sagteware daar te stel in u taal, skep u die aanvraag vir meer vertaling. Net soos prokureurs pro bono-werk doen, glo ons dat professionele vertalers iets moet teruggee vir hulle tale. Dit bou die tale, skep aanvraag, bou 'n industrie en gee aan u die vaardighede. Dis vir u 'n wen-wen situasie. |