| Mozilla Thunderbird |
|
Thunderbird is 'n vry en gratis e-poskliënt wat vinniger en veiliger is as Microsoft Outlook Express en makliker is om te gebruik. Verminder die risiko van virusse, rekenaarwurms, spioenasieprogramme en ander kwaadwillige sagteware wat met gemorspos kom, deur oor te skakel na een van die veiligste en mees aanpasbare e-posprogramme in die wêreld! Geniet die voordele van gevorderde gemorsposfilters, adresvoltooiing, kragtige soekfunksies en 'n nuusvoerleser om met die jongste nuus en inligting op hoogte te bly. Daar is ook 'n wye verskeidenheid van temas en uitbreidings om Thunderbird aan te pas by u behoeftes. Firefox is die perfekte metgesel vir Thunderbird en bied 'n groot verskeidenheid funksies om die web vinniger, veiliger en makliker as ooit te vore deur te blaai. Beide Firefox en Thunderbird kan maklik aangepas word vir u werkswyse met die web en met e-pos. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|

Laai Thunderbird af
