| Afrilex-konferensie word geVendaliseer |
|
By die elfde internasionale konferenseie van Afrilex, die Afrika-vereniging vir Leksikografie, het Translate.org.za 'n artikel voorgelê oor die Suid-Afrikaanse sleutelbord ten aanhoor van 'n opgewonde gehoor.
Die konferensie is gehou van 3-7 Julie by die kampus van die Universiteit van Venda in Thohoyandou in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Afrilex, 'n vereniging wat fokus op die dissipline van leksikografie of woordeboekskryf, lyk dalk soos 'n vreemde plek vir 'n organisasie wat fokus op lokalisering, om 'n artikel aan te bied. Maar dit was tog nie, aangesien die voorlegging van Translate.org.za gefokus het op die Suid-Afrikaanse sleutelbord en leksikograwe mense is wat baie moet tik. Aangesien die geleentheid gehou is in 'n Vendasprekende gebied, is spesiale klem gelê op die Venda-aspekte van die sleutelbord. Na die voorlegging is ons oorval met versoeke vir kopieë van die sleutelbord-CD en om die sagteware te installeer vir verskeie akademici en taalpraktisyns. Duidelik is daar 'n ware behoefte wat nie bevredig word deur die mense wat beweer om Afrikatale te bevorder nie. Translate.org.za was maar net te bly om mense te help om te stop met die skending van hulle eie taal wanneer dit verkeerd getik word. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|


