| Programmering |
|
Kan u programmeer? Ons kan van u hulp gebruik maak. Dink daaraan as 'n geleentheid om te help as u nie goed is met vertaalwerk nie, of as 'n geleentheid om regte werk op die mikstok te kry. As u 'n student is, kan u dalk 'n projek verwant aan Translate.org.za voorstel vir u programmeringskursus.
Wat u benodig:
As u nie Python kan programmeer nie, maar het ervaring in 'n ander objekgeoriënteerde taal, is dit reg so. Die eerste stap is om die volgende te lees: die Python-tutoriaal en die Python-biblioteekverwysing. Die beste bron van inligting is die Python-webwerf waar mens ook die nuutste sagteware kan aflaai. As u nou soek vir 'n projek, kyk na die volgende:
Die gereedskap wat ons gebruik word onderhou as deel van die Translate Toolkit-projek. Kyk daar vir poslyste en instruksies vir lêertoegang. Die aanpassing van Hunspell benodig 'n ernstige Windows-programmeerder wat die werking van die CSAPI kan uitpluis van buite af en 'n implementasie kan verskaf wat met Hunspell werk. Dit sal dit moontlik maak dat Translate.org.za se vrye speltoetsers werk op Windows, met die ekstra voordeel dat enige Windows-program die CSAPI kan gebruik sonder dat Microsoft Office benodig word. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|

Deel met ander 
