| Stelseladministrasie & programbou |
|
Translate.org.za het 'n aantal bedieners om ons vertalers te help, om ons sagteware te bou en om 'n paar dienste aan ander vertaalspanne te lewer. As u kan help om hierdie tiptop te hou en om na gebruikers se behoeftes om te sien, sal dit ons baie help. Des te beter as iemand selfs met hierdie hulpbronne kan help! Ons het 'n kernstel van tegnologie:
Party is publieke bedieners en moet dus veilig wees. Heelwat gebruikers en bandwydte kan betrokke wees. Hierdie bedieners se onderhoud verg 'n sekere mate van disipline en toewyding. Die bedieners wat die sagteware bou is nie publiek nie, maar by Translate.org.za maak ons natuurlik staat op hulle en kan heelwat spesifieke vereistes hê, veral as 'n sperdatum voorlê. Hierdie behels die bou van twee yslike oopbronprojekte op Windows en Linux. Hierdie is dalk 'n lekker geleentheid om vaardighede vir probleemoplossing en C++ op te knap. |
| < Vorige |
|---|

Toets 
