| Poslyste |
AankondigingsOns aankondigingslys sal u op datum hou met die jongste gebeure by Translate.org.za, soos vrystellings van nuwe sagteware, Translate@thons, nuus, nuusbriewe, radio- en TV-onderhoude en veel meer. Ons hou die verkeer op die lys laag (sommige sê dalk te laag), want almal is maar besig. Ons sal nie andere se produkte of dienste aankondig op die lys nie, maar as ons sien dat hulle baie relevant is tot tale en veral Suid-Afrikaanse tale, dan sal ons sulke aankondigings maak. Ons gee nooit u adres aan enigeen nie. Nooit nie. Om op datum te bly, skryf gerus in vir die aankondigingslys met min pos. U kan ook vorige pos op die lys sien in die argief. TaallysteElkeen van ons tale het 'n besprekingslys. Sommige is natuurlik meer aktief as ander.
Die voorkeurtaal vir bespreking is die taal van die lys, maar wees bewus dat mense wat dalk nie so vlot in u moedertaal is nie, ook op die lyste is. Die Afrikaanse lys is 'n goeie voorbeeld. Baie taalsake word in Afrikaans bespreek. Tegniese sake of idees vir nuwe projekte word dalk aanvanklik in Engels voorgestel maar dit staan elkeen vry om in hulle voorkeurtaal te antwoord, alhoewel meeste mense sal antwoord in die taal van die bespreking. ProgrammeringDaar is ook poslyste vir die programmeerders van ons vertalingsagteware. Die sagteware is ontwikkel deur Translate.org.za, maar word deur vele ander gebruik en is deel van die WordForge-projek. Indien u wil bydra tot hierdie sagteware, kan u gerus ook aansluit by hierdie lyste. LET WEL! Hierdie is nie die regte lyste om te vra oor sagteware wat vertaal is deur Translate.org.za nie. Gebruik ons normale adres ( Hierdie e-posadres word beskerm van strooiposbotte, en jy kort dus Javascript om dit te bekyk ) daarvoor, of die taallyste.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||

Poslyste 
