| Hoe goed is die speltoetsers? |
|
Ons speltoetsers strek van heel gesofistikeerd tot heel eenvoudig. Die gesofistikeerdes is reeds in ontwikkeling vir 'n klompie jare en die eenvoudiges is eers onlangs mee begin, of dek tale wat nogal moeilik is om spelling in te toets.
By voorbeeld, die Afrikaanse en Engelse speltoetsers is albei reeds vir jare lank al in ontwikkeling. Dit het die kwaliteit van die woordelyste heel goed gemaak aangesien dit reeds heelwat hersien is. Daarbenewens is Engels (en Afrikaans tot 'n mindere mate) redelik maklik om voor te toets met lysgebaseerde toetsers. Die tale waarvoor ons nie goeie toetsers het nie, is eers in die afgelope jare ontwikkel. Dit maak die diepte van die woordelys vlak en nou, en dek nie die volle strekking van die taal nie. Boonop is veral die Nguni-tale moeilik om voor te toets met lysgebaseerde toetsing en benodig morfologiese analise om 'n goeie toetser te maak. Om op te som, Afrikaans en Engels is goed, maar die ander tale se strekking is heel eenvoudig. U kan natuurlik help om die woordelys vir u taal uit te brei. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|


