| Wanneer het Translate.org.za begin? |
|
Dit is moeilik om die presiese datum vas te stel aangesien Dwayne Bailey, die stigter, die onderwerp nagevors het vir 'n paar maande voordat enigiets gebeur het. Dwayne beskou egter sy voorlegging by 'n opvoedkundige konferensie by Atjies as die begin van Translate.org.za.
Dit is moeilik om die presiese datum vas te stel aangesien Dwayne Bailey, die stigter, die onderwerp nagevors het vir 'n paar maande voordat enigiets gebeur het. Dwayne beskou egter sy voorlegging by 'n opvoedkundige konferensie by Atjies as die begin van Translate.org.za. By hierdie konferensie is 'n vertaalde weergawe van KOffice voorgelê. Dit was 'n eenvoudige demonstrasie, met slegs die sigbare teks vertaal. Dit is slegs later met finansiering van die Shuttleworth-stigting dat die eerste weergawes van KDE eintlik vertaal is. Juis weens hierdie feit dat dit so maklik is om 'n fopdemonstrasie te gee, is Dwayne agterdogtig van enige demonstrasie van vertaalde sagteware. Deur slegs te kies wat mens wil wys, kan mens onvertaalde teks vermy. Die gehoor by Atjies was bewus van die kullery, en Dwayne het dit gebruik om te demonstreer hoe moeilik dit is om 'n rekenaar te gebruik as mens nie vertaalde sagteware kan gebruik nie. Met die hulp van Obsidian Systems het Translate.org.za 'n webwerf opgestel en het begin om dele van KDE te vertaal. Die Shuttleworth-stigting het 'n paar maande later betrokke geraak. Translate.org.za het 'n amptelike Afdeling 21-organisasie, of organisasie sonder winsbejag geword in 2002, net voor die begin van die Shuttleworth-werk. En die res van die storie is wel bekend... |
| < Vorige | Volgende > |
|---|


