| Vendakarakters en rekenaars |
|
Hoe tik mens Vendakarakters op 'n rekenaar? Begin deur die Suid-Afrikaanse sleutelbord te installeer en lees verder om te verstaan wat hierdie karakters is en hoekom mens hulle gereeld nie kan sien of tik nie.
Venda is die enigste taal in die wêreld wat gebruik maak van 'n paar spesiale karakters. Hierdie karakters is n, d, l, en t met 'n kappie onder, en ook n met 'n kolletjie bo-op. Baie mense kla dat hulle nie hierdie karakters kan sien nie; dat hulle slegs 'n blokkie of 'n vraagteken sien. Die gebruikersgids vir die sleutelbord gee 'n goeie oorsig van hoekom dit gebeur. Hier sal ons 'n kort verduideliking gee. Rekenaars werk slegs met getalle. Wanneer 'n mens aan die karakter 'A' dink, dink die rekenaar '64'. 'n Skriftipe (font) bevat tekeninstruksies vir baie karakters. Wanneer die rekenaar dan vir 64 vra, gee die skriftipe tekeninstruksies vir die letter 'A'. As die skriftipe nie weet hoe om 'A' te teken nie, gee dit gewoonlik 'n blokkie. As 'n rekenaar dus 'n blokkie wys, beteken dit dat daar nie 'n skriftipe geïnstalleer is wat Venda kan vertoon nie.Om Venda te tik, benodig mens 'n sleutelborduitleg wat weet om die korrekte karakter te gee as mens 'n sekere knoppie druk. Om te herhaal: probeer gerus die Suid-Afrikaanse sleutelbord en los al hierdie probleme op vir Venda, Afrikaans, Noord-Sotho en Tswana. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|


