|
Tectonic: Sleutelbord maak voorsiening vir al 11 tale van SA |
|
Vir mense wat Engels praat, is die idee dat woorde of karakters nie op 'n rekenaar voorgestel kan word nie, ondenkbaar. Vir sprekers van baie inheemse tale, is hierdie egter 'n struikelblok vir die gebruik van inligtings- en kommunikasietegnologie. Venda het byvoorbeeld vyf ekstra karakters wat deur geen ander taal gebruik word nie. Hierdie karakters gebruik diakritiese tekens maar meeste Vendasprekers kan nie hierdies tik nie en los hulle heeltemal uit. Dit is 'n probleem in Venda want dit verander die betekenis van die woorde. Daar is maniere om hierdie karakters in te voeg, maar dit is langdradig en frustreer baie Vendasprekers. Dieselfde geld vir Afrikaans en tot 'n mindere mate Noord-Sotho en Tswana. Hierdie karakters is ook nie geredelik beskikbaar vir ander gebruikers nie - gevolglik is hulle soms onleesbaar. Die sleutelbord sluit 'n stel skriftipes in wat mens toelaat om die korrekte Vendakarakters te sien. Lees die volledige Tectonic-artikel
|