|
Die Vrye Afrikaan: Die internet en gemeenskap: Oopbronsagteware en gemeenskap |
|
Tuesday, 29 March 2005 |
|
Die vryheid van oopbronsagteware skep die ruimte vir gemeenskapsontwikkeling omdat dit persoonlike en plaaslike omvorming van die produkte aanmoedig. 'n Projek wat 'n uitstekende voorbeeld hiervan is, is www.translate.org.za. Dié projek van die Zuza Sagteware Stigting vertaal oopbronsagteware in Suid-Afrikaanse tale. 'n Groot prestasie was die vrystelling van OpenOffice.org in Afrikaans, Noord-Sotho, Zulu en Engels. Mozilla is ook in Afrikaans , Xhosa, Zulu, Sotho, Noord-Sotho en Engels beskikbaar. Die kommersiële kompetisie het onlangs wel begin beloftes maak, maar ook net op 'n paar klein produkte en niks naastenby so omvangryk soos Zuza reeds doen nie. In dié stadium is dit egter bloot beloftes. http://vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=173
|