| IOSN: Lokalisering van Vrye en oopbronsagteware - Translate.org.za, Suid-Afrika |
|
International Open Source Network (IOSN) het 'n aantal gevallestudies in Vrye en oopbronsagteware gepubliseer. Een hiervan het te doen met lokalisering en natuurlik word Translate.org.za bestudeer. IOSN is 'n inisiatief van die Verenigde Nasies Ontwikkelingsprogram en word ondersteun deur die Internasionale Ontwikkelingsnavorsingsentrum (IDRC) Kanada. Ons gunstelinguittreksel hiervan is sekerlik hierdie: " Hierdie projek het verskaffers van eiendomsagteware gestimuleer om hul sagteware te lokaliseer om kompeterend te bly met Vrye en oopbronsagteware. Die projek het dus die doel bereik om te maak dat die sagteware-industrie lokalisering as 'n vereiste sien en nie bloot as 'n keuse nie."
|
| < Vorige | Volgende > |
|---|


