Tuis arrow Nuus arrow In die nuus arrow BBC: Is Afrikatale belangrik?
BBC: Is Afrikatale belangrik?

In voorbereiding vir 'n onlangse TV-dokumentêr oor die Afrikataalweergawes van Wikipedia het die BBC die volgende vraag gestel vir terugvoer van hulle luisteraars:

Hoe belangrik is dit om 'n Afrikataal te kan lees, skryf en praat? Is Engels nou die belangrikste taal in die wêreld? Moet mense in die ontwikkelende wêreld steeds in plaaslike tale onderrig word en is hulle nuttig in die alledaagse lewe?

Soos een respondent sê: "Ek kan nie verstaan wat u vraag probeer bereik behalwe om Afrikane uit die hoogte te behandel nie. Ek daag u uit om die selfde vraag aan die Engelse te vra."

Die reaksies van andere gee ware insig in die gebruik van moedertale.

http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/5072596.stm (Engels)

 
Volgende >