|
Finalis - 'Top- burgerlike vereniging vir die oorbrugging van die digitale gaping in Afrika' |
|
Translate.org.za is genomineer as 'n finalis in hierdie jaar se ICT Achievers Awards. Hierdie toekennings beloon prestasies oor Afrika heen. "Translate.org.za staan aan die spits van die vertaling van rekenaarsagteware in al die amptelike tale van Suid-Afrika. Deur te fokus op Vrye en oopbronsagteware, het hul verseker dat alle mense toegang kan hê tot die tegnologie en dat mense self eienaarskap kan neem van tegnologie en tale. Hiermee saam is 'n sleutelbord en skriftipes sodat Venda getik en gesien kan word asook speltoetsers in verskeie tale. Die moontlike impak om rekenaartegnologie toeganklik, bekostigbaar en nuttig te maak vir diegene wat nie Engels praat nie, word duidelik."
|