| OOoCon2006: WordForge-projek |
|
Dwayne, as direkteur van die WordForge-stigting, het 'n praatjie gelewer oor die WordForge-projek aan bywoners van die OpenOffice.org-konferensie in Lyon, Frankryk. Bekyk Dwayne se voorlegging oor WordForge Kyk ook na Javier Sola (WordForge-direkteur) en ander programmeerders van Indië en Bangladesj wat praat oor lokalisering in Suidoos-Asië. Die WordForge-stigting is 'n organisasie sonder winsbejag wat ten doel staan om sprekers van digitaal bedreigde tale te help om rekenaarsagteware te lokaliseer in hulle eie tale. Hiervoor bou die stigting gereedskap om die proses en kwaliteit van lokalisering te verbeter. Dit ontwikkel riglyne en dokumentasie om spanne vinniger produktief te maak en help spanne om strategies gerig te wees, eerder as produkgerig. Dit het spanne tot gevolg wat fokus op sagteware wat die grootste impak kan hê, terwyl die gereedskap 'n klein span toelaat om kwaliteitlokalisering te doen. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|


