| Wenners! Top organisasie wat die digitale gaping in Afrika oorbrug het (2006 African ICT Achiever's) |
|
By 'n galageleentheid wat Saterdagaand regstreeks uitgesaai is deur SAUK Afrika, is Translate.org.za aangewys as wenner van die prys "Top Civil Society/NGO to bridge the digital divide in Africa". Aangesien 2006 die jaar is van Afrika-tale is dit baie gepas dat 'n organisasie wat fokus op tale in Afrika hierdie toekenning ontvang. Die klem moet gelê word daarop dat taal in pas gebring word met tegnologie, in plaas daarvan dat Afrika moet aanpas by tegnologie, soos gewoonlik die geval is. Dwayne Bailey, Besturende Direkteur van Translate.org.za, was teenwoordig om die toekenning te ontvang. Hy het almal teenwoordig uitgedaag deur te sê dat hulle twee opsies het. Die eerste is om toe te laat dat tegnologie hulle vorm, en as 't ware die nuwe kolonialis word. Die tweede opsie is om daadwerklik iets te doen om te verseker dat hulle moedertale gebruik en ondersteun word in vandag se tegnologie; en dat hulle in die toekoms, wanneer hulle met hulle kleinkinders praat, sal weet dat hulle die regte besluit geneem het. Translate.org.za wil graag al die borge van die geleentheid bedank, asook ons finansiële ondersteuners wat oor die jare alles wat ons doen moontlik gemaak het. Onthou: "Lokaliseer, of word gelokaliseer". Die toekoms van jou taal rus in jou hande. Gaan na ons toekennings-bladsy, lees die persverklaring, of kyk wie is die ander wenners. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|


