Tuis arrow Vrae arrow Translate.org.za arrow Hoekom is hierdie webwerf net in Engels en Afrikaans?
Hoekom is hierdie webwerf net in Engels en Afrikaans?
Ek het agtergekom dat u webwerf net in Afrikaans en Engels is. Hoe kan u sê dat u oor taal omgee as u eie werf slegs in twee van die 11 amptelike tale is? Ons het nie betaalde vertalers vir die webwerf nie, maar maak staat op vrywilligers. As u dus hierdie weerspreking teëgekom het en u praat 'n amptelike taal buiten Afrikaans, dan moet u dalk aanmeld hiervoor :-)

Om die waarheid te sê, self al praat u Afrikaans, benodig ons u hulp aangesien daar nog 'n groot klomp ouer nuus is wat steeds vertaal moet word.

Ons hoop om mettertyd genoeg passievolle mense te vind sodat ons al 11 tale in die taallysie kan hê.

As u 'n professionele vertaler is en aanbied om die webwerf te vertaal, kan ons u dienste aanbeveel by mense wat ons gereeld kontak op soek na vertalings en vertalers. Ons glo dus dat ons almal in die lange duur wen.
 
Volgende >