| The Herald, Zimbabwe: Bevorder Afrikatale op die Internet |
|
Węreldwyd waarsku inligting- en rekenaarwetekenskapplikes dat die oorgrote gebruik van Engels op die węreldwye web dopgehou moet word voordat dit ander tale verdring. Hulle vrees dat vorms van kulturele kennis wat oor eeue van menslike vooruitgang bymekaar gemaak is, vir ewig verlore kan wees as niks gedoen word om ander tale as Engels en ander Westerse tale te bevorder nie. Lees die volledige artikel van The Herald Red: geluk aan die genoemdes wat Google in Shona vertaal het. Dit is komies op 'n tragiese manier dat 'n land wat 'n grens deel met Suid-Afrika onbewus is van die werk van Translate.org.za. Dit is weereens 'n bevestiging dat inligting vloei vanaf Afrika na Europa en nie tussen Afrikane nie. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|


