Tuis arrow Nuus arrow Topstories arrow Ons is binnekort beroemd
Ons is binnekort beroemd
CNN het onlangs 'n dag by ons deurgebring met verfilming van verskeie aspekte van Translate.org.za. Ons storie word in 'n dokumentęr saamgevoeg wat die węreld van ons vertel en waaroor dit gaan hier in Afrika.

Dit was 'n lang dag en Janet Sebastian, ons mediapersoon, het haar wonderlik van haar taak gekwyt. Die CNN-span het onderhoude gevoer met verskeie van ons vertalers, gebruikers en ons direkteur, Dwayne. Die aand was almal saam vir 'n sosiale geleentheid waar ons oor taal gepraat het en probeer het om vir Femi (van CNN) die Xhosa-klapklanke te leer.

Ons is opgewonde oor hierdie uitsending aangesien meer mense oor die węreld en in Afrika van ons en wat ons doen sal hoor - hopelik doen hulle iets soortgelyks. Ons sal laat weet wanneer dit dit uitgesaai word.
 
 
< Vorige   Volgende >