Tuis arrow Nuusbriewe arrow Nuusbrokkie Januarie 2007
Nuusbrokkie Januarie 2007
Liewe vriende,

Gelukkige nuwejaar! Groete van almal by Translate.org.za. In die belang van die bevordering van ons verskeie moedertale, het ons 'n lysie van goeie nuwejaarsvoornemens (... afgesien van die voorneme om Translate.org.za se voornemens volgende jaar vroeër as die einde van Januarie te stuur ;-)




TIEN DINGE(+1) OM TE WYS EK GEE OM VIR MY TAAL
  • Bank by ABSA. Hulle het OTM'e in meeste van die elf Suid-Afrikaanse tale en was tot dusver die voorlopers om bankdienste toeganklik te maak in alle tale.
  • Kies 'n selfoon met 'n koppelvlak in u eie taal. Hulle bestaan, mens moet hulle net opspoor.
  • Stel u webblaaier na u moedertaal. Kyk op ons werf vir instruksies.
  • Bel 1023 en praat u eie taal, wat dit ook al is. Hulle het mense wat die verskeie tale praat en dis piekfyn om te vra.
  • Dring aan op regeringsvorms en -webwerwe in u taal. Dis deel van die grondwet.
  • Gebruik slegs sagteware wat vertaal is in u taal. Genoeg daaroor gesê.
  • Lees 'n roman in u eie taal - daar is goeie letterkunde beskikbaar. Vind dit en geniet dit.
  • Skryf 'n webjoernaal in u moedertaal. Daar is verbasend min joernale in Suid-Afrikaanse tale buiten Engels.
  • Dra by tot Wikipedia in u eie taal.
  • Druk besigheidskaartjies in u eie taal.

En laastens ... vertaal hierdie lys in u moedertaal en stuur dit aan al u vriende.

Geniet 'n gelukkige 2007, en dankie vir u ondersteuning.















Dwayne Bailey
(012) 460 1095 Hierdie e-posadres word beskerm van strooiposbotte, en jy kort dus Javascript om dit te bekyk www.translate.org.za
 
< Vorige   Volgende >