Tuis arrow Speltoetsers
Suid-Afrikaanse skriftipes
Al ooit gewonder hoekom u nie die spesiale karakters wat Venda benodig, ḓṱḽṋṅ, kan sien nie? Waarskynlik het u nie 'n skriftipe (font) wat hierdie karakters kan vertoon nie. U benodig die DejaVu-skriftipe wat Translate.org.za uitgebrei het sodat mens daardie karakters kan sien.

Download Now DejaVu-skriftipe

Dalk wil u dit installeer saam met die Suid-Afrikaanse sleutelbord sodat u al die karakters kan tik wat deur Venda, Afrikaans, Noord-Sotho en Tswana benodig word.

Om die skriftipe te installeer, pak die ZIP-lêer uit en kopieer dit na die fonts-gids op Windows (bv. C:\Windows\Fonts). Op Linux behoort die DejaVu-skriftipe reeds beskikbaar te wees as mens 'n redelike nuwe verspreiding gebruik.
 
< Vorige   Volgende >