Tuis arrow Nuusbriewe arrow Gelukkige internasionale moedertaaldag!
Gelukkige internasionale moedertaaldag!
Geagte vriende,

Gelukkige internasionale moedertaaldag!

Ek neem aan meeste mense het nie geweet dit was internasionale moedertaaldag vandag nie ~ of selfs dat daar 'n dag gereserveer word alleenlik vir die bevordering van moedertaalwaardering en -behoud nie. Dis geen probleem nie ~ dis ons brood en botter, dus weet ons! Mense regoor die węreld sal vandag internasionale moedertaaldag vier wat deur UNESCO in 1999 ingestel is ter erkenning van die belangrikheid en behoud van al die węreld se moedertale. Ons het gedink dit is 'n uitstekende geleentheid om mense te herinner aan wat ons doen en hoekom ons dit doen.




Ter viering van hierdie dag doen ons 'n herbekendstelling van opgedateerde weergawes van al ons moedertaal-sagteware in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika. Dis 'n goeie dag om te onthou dat ons die eerste innoveerders was met vrystellings van die węreld se eerste eksklusief Suid-Afrikaanse sleutelbord en die eerste woordverwerker en kantoorsuite in Noord-Sotho, Zoeloe en Afrikaans. Maar terug by die hede ... ons het pas 'n vennootskap aangegaan met die Department van Kommunikasie en die WNNR in verbintenis tot rekenaarsagteware in moedertale.

Suid-Afrikaners moet trots stel in hulle moedertale en daarvoor werk om tegnologie in hulle węreld te bring in plaas daarvan om hulle węreld by tegnologie aan te pas. Moedertaaldag is 'n geskikte tyd om hierdie te vier – en die Departement van Kommunikasie, die WNNR en Translate.org.za doen juis dit – ons vier ons vryheid," sę Dwayne (Direkteur van Translate.org.za vir nuwe lesers).

In 'n gesamentlike projek met befondsing van die Departement van Kommunikasie en deur administrasie deur die WNNR, het ons OpenOffice.org en die Mozilla Firefox-webblaaier in al 11 amptelike tale daargestel. Ter viering van moedertaaldag is die Departement van Kommunikasie, die WNNR en Translate.org.za trots om 'n ooreenkoms aan te kondig vir die opdatering en drie jaar lange onderhoud van OpenOffice.org, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird. Dit sal verseker dat Suid-Afrikaners bemagtig is om in hulle eie taal dokumente en e-pos te tik en die web te deurblaai.

"Ons doen dit om toegang tot tegnologie te verbeter en om vaardighede en bewustheid van inligtings- en kommunikasietegnologie te verbeter, wat help om die digitale gaping te oorbrug. Die regering is verbind daartoe om 'n beter lewe en meer geleenthede vir elke burger te skep, en hierdie is 'n tasbare manier om dit te doen," verduidelik Wernher Friedrich, Direkteur van Internettoegang en Sagtewareontwikkeling by die Departement van Kommunikasie.

Nog 'n voordeel van al hierdie dinge is dat alle Suid-Afrikaners aktief kan deelneem aan die verbetering van die sagteware, in ooreenstemming met die regering se beleid om Oopbronsagteware in die aanskaffingsproses te ondersteun. Dit sal ook organisasies soos die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die WNNR help wat oorskakel na Oopbronsagteware.  “Suid-Afrika moet ophou om die oorsese IT-industrie te ondersteun en miljoene rande aan die ontwikkelde węreld te stuur vir onnodige lisensiëringskostes. Dis tyd!” sę Dwayne.

PADKOS 
Vanaf die eerste tot die laaste oomblikke van ons bestaan, van geslag tot geslag,  begelei, dien en skep taal ons. Dit is die hart van die familielewe, werk, skool, politiek, die media, die reg en wetenskaplike navorsing. Dit staan ook sentraal tot geloof.
UNESCO se Direkteur-generaal, Mnr Koďchiro Matsuura, op hierdie dag laasjaar.

















Dwayne Bailey
(012) 460 1095 Hierdie e-posadres word beskerm van strooiposbotte, en jy kort dus Javascript om dit te bekyk www.translate.org.za
 
 
Volgende >