Tuis arrow Press Releases arrow Bekroonde Afrikaanse webblaaier vrygestel
Bekroonde Afrikaanse webblaaier vrygestel

MEDIAVERKLARING: VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING



Bekroonde Afrikaanse webblaaier vrygestel


Suid-Afrika, 31 Mei 2007:
Die populęre webblaaier, Mozilla Firefox, word nou amptelik vrygestel in Afrikaans. Die Afrikaanse vertaling is die werk van die bekroonde organisasie sonder winsbejag, Translate.org.za en sy gemeenskap van vrywilligers.

Tussen 15-20%, of sowat 1 miljoen Suid-Afrikaanse Internetgebruikers maak gebruik van die webblaaier Firefox. Dit volg die groeiende neiging węreldwyd – in minder as twee jaar het tiene miljoene mense węreldwyd die makliker, vinniger en veiliger aanlyn ervaring ontdek wat Firefox bied.

Hierdie is die eerste amptelike vrystelling van die Afrikaanse vertalings in die 2.0-reeks van Firefox. Translate.org.za het reeds vir ’n paar maande tussentydse weergawes vir toetsdoeleindes verskaf. Dwayne Bailey, Direkteur van Translate.org.za, sę “Hierdie is die vrystelling wat deur die mees omvattende toetse is tot nog toe. Ons glo ons Afrikaanse gebruikers sal die tyd en moeite waardeer wat ingesit is om kwaliteit te verseker”.

Translate.org.za is ’n organisasie sonder winsbejag wat fokus op die verskaffing van Vrye Sagteware in plaaslike tale. In 2006 het hulle die African ICT achievers award gewen vir oorbrugging van die digitale gaping. Direkteur, Dwayne Bailey, sę “Firefox is een stukkie van die legkaart om ‘n volledig Afrikaanse rekenaar daar te stel”. Hy voeg by dat dit nou meer belangrik geword het om’n webblaaier in Afrikaans te hę nou dat daar toenemend meer Afrikaanse inhoud op die Internet is.

Firefox 2 is vertaal in meer as 41 tale en is dus beskikbaar in ’n moedertaalweergawe vir meer mense in die węreld as enige ander webblaaier. Firefox word ontwikkel deur ’n internasionale gemeenskap van medewerkers onder die sambreel van die Mozilla Stigting, ’n organisasie vir publieke voordeel sonder winsbejag met die doel om die Internet-ervaring vir mense van oraloor te verbeter.

“Firefox 2 bied mense die beste moontlike aanlyn ervaring wat vandag beskikbaar is,” aldus Mitchell Baker, hoof- uitvoerende beampte, Mozilla. “Die verbeterings wat Mozilla in Firefox 2 gemaak het tot gebruiksgemak, spoed en sekuriteit, weerspieël ons voortgesette, sonderlinge fokus op voorsiening in die behoeftes van webgebruikers oor die hele węreld.”

Die nuutste weergawe kan gratis afgelaai word vanaf:
http://www.mozilla.com/firefox/all.html

EINDE


Friedel Wolff van Translate.org.za is beskikbaar vir onderhoude. Sy spesialiteitsvelde sluit in:

  • Vrye en Oopbronsagteware

  • Veeltaligheid

  • Sagtewarevertaling

  • Voorspraak vir taalregte

     

Vir meer inligting of om 'n onderhoud te reël, kontak gerus:

Friedel Wolff (012) 460-1095 of Dwayne Bailey (083 443 7114)

 
 
< Vorige   Volgende >