|
Translate.org.za vereer met 'n toekenning in veeltaligheid |
|
Translate.org.za het 'n gesogde toekennig gewen van die Pan Suid-Afrikaanse taalraad (PanSAT) vir die bydrae tot veeltaligheid en nasiebou oor die laaste dekade.
Die toekennig 'Veeltaligheid en Nasiebou: e-Besigheidsinstelling van die dekade' is erkenning vir Translate.org.za se werk in die area van veeltalige sagteware. Hierdie toekenning erken Translate.org.za se historiese uitvinding van die land se eerste veeltalige sleutelbord, oopbron-speltoetsers, en vertaling van programme soos OpenOffice.org, Mozilla Firefox, asook die volgehoue poging om met universiteite te werk om studente op te lei in programvertaling deur die Translate@thon-program. Dwayne Bailey, direkteur van Tranlate.org.za, sê: "Ngiyabonga kakhulu! Ons is baie geëerd om hierdie toekennig te ontvang, veral aangesien dit deur ons eweknieë toegeken word en omdat dit erkenning gee aan ons bydraes oor baie jare tot al die amptelike tale van Suid-Afrika."Volledige mediaverklaring
|