| Suid-Afrikaanse kalender |
|
Die kalenders van Suid-Afrikaanse openbare vakansiedae verskaf inligting aangaande openbare vakansiedae van 2008-2010 in die elf amptelike tale. Nooit weer hoef 'n publieke vakansiedag of een van daardie spesiale vakansiedae op Maandae vergeet te word nie. Gebruik hierdie kalenders om u moedertaal te bevorder of bloot om ons veeltaligheid te vier. Die kalenders is getoets met Outlook, Evolution, Lightning, Kontact en iCal. Hulle volg die iCalendar-standaard en behoort dus op meeste hedendaagse kalenderprogramme te werk. Daar is spesifieke instruksies vir verskeie programme aan die einde van hierdie bladsy. Vir meeste programme kan mens bloot op die skakels klik, of hierdie maklike stappe volg:
Spesifieke instruksies: Kontak ons gerus as u 'n URL vind met instruksies vir u gunstellingprogram. ![]() Hierdie kalenders is gelisensieer onder 'n Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel Lisensie. Indien u hierdies wil deel met ander of wil versprei in u produkte of op u webwerf, gee asseblief erkenning aan hierdie werk deur te skakel na hierdie bladsy. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| < Vorige |
|---|

OpenOffice.org
http://translate.org.za/calendar/Afrikaans.ics

