|
Laai speltoetsers af Moeg om die rooi kronkelmerkies te sien wanneer u tik in u taal? Die speltoetsers wat deur Translate.org.za ontwikkel is, verseker dat u in u taal kan tik sonder die beledigende merkies. Dit is heelwat moeiliker om speltoetsers te maak vir die Suid-Afrikaanse tale in die Nguni-groep (Zoeloe, Xhosa, Swati, Ndebele) as vir Afrikaans of tale in die Sotho-groep. Dit het te doen met die feit dat Nguni-tale konjunktief geskryf word, d.w.s. frases kan saamgestel word uit verskeie woorddele wat aanmekaar geskryf word, wat dit moeilik maak om woordelyste te maak aangesien daar soveel permutasies is. Afrikaans het 'n soortgelyke probleem met samestellings, maar dit is in werklikheid nie so erg nie. |